WOM het op hul Facebook-blad gebede vir Chris Else, sanger, en sy vrou Chanelle gevra vir hul baba Clara wat in Februarie haar opwagting moet maak.
Chris het op sosiale media bekend gemaak dat hul Clara wat nog nie gebore is nie ‘n gaatjie in haar hart het.
Die plasing vyf dae gelede lees: “Ons het vandag uitgevind dat Clara se hartjie ‘n gaatjie in het. Ons vertrou God dat sy genees sal wees voordat sy gebore is. God is good all the time, and all the time God is Good! Amen.”
Wêreld Onbeperkte Musiek / World of Music het drie dae gelede die versoek vir gebed gemaak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



