In die vroeë oggendure van 13 Oktober het Mlungisi Blessing Sikhakane (27) glo eers sy meisie (18) en daarna nog ‘n vrou (24), by sy huis in Mandela Park, KwaNyuswa, Durban, KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Na bewering was Njabulo Enhle Majozi (18) sy meisie ten tyde van die voorval. Hy het haar glo buite die huis geskiet en daarna ingesleep waarna hy ‘n vals misdaadtoneel geskep het.
Daar word beweer dat hy glo eers die ouer dame geskiet het, waarna Majozi probeer weghardloop het, maar nie daarin kon slaag nie.
Hulle is beide deur Netcare 911 op die toneel dood verklaar.
Konst. Thenjiswa Ngcobo, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat twee moordsake deur die Hillcrest-polisie ondersoek word en dat die verdagte gearresteer is.
Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die ondersoek duur voort. Sy sê verder dat die polisie glo 11 leë patroondoppies en ‘n pornografiese video op die toneel gevind het. Beide vroue het skietwonde aan hul koppe en arms gehad.
Natasha Ramkisson-Kara, NVG-woordvoerer in KZN, sê Sikhakane het gister vir beide die moorde en ‘n borgtog aansoek in die Pinetown-landdroshof verskyn, waarna dit na die 26ste Oktober uitgestel is.
Daar word verder beweer dat die polisieman glo in ‘n verhouding was met beide die vrouens.
Bronne: Woman For Change, Keep The Energy, sosiale media.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



