In die laaste 18 maande het 29 Suid-Afrikaanse poskantoortakke in die Wes-Kaap gesluit of met ander takke saamgesmelt.
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor het in die laaste boekjaar, geëindig Maart 2022 , verliese van meer as R2 miljard gehad en die laste het die bates met R4 miljard oorskry.
Die ouditeur-generaal kon weens ‘n gebrek aan inligting nie ouditbevindings maak nie en het glo gesê sy is nie seker hoe lank die poskantoor nog ‘n lopende saak sal wees nie.
SAPO se hoof- uitvoerende beampte, Nomkhita Mona, het gesê ‘n rasionaliseringsoefening wat deur SAPO uitgevoer is, het getoon dat daar ‘te veel’ poskantore binne ‘n sekere kilometerradius is.
Sy het bygevoeg dat sommige takke na verwagting gesluit sal word of dat die takke kan saamsmelt.
Bronne: Cape Talk, Politics Web
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



