President Cyril Ramaphosa het teruggekrabbel en voordele soos gratis water en elektrisiteit vir die uitvoerende gesag (premiers, ministers, adjunk-ministers en LUR’e) onttrek.
President Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, het gesê die president het beveel dat die voorgestelde vergunnings vir gratis water en elektrisiteit vir die uitvoerende gesag geskrap moet word.
Dit na die DA hom glo gedwing het om nuwe wysigings aan die ministeriële handboek, wat parlementariërs daarvan vrystel om vir water en elektrisiteit by hul ampswonings te betaal, terug te trek.
Hy het gesê hulle sal op die 2019-weergawe van die ministeriële handboek staatmaak hangende ‘n hersieningsproses.
Die DA se Leon Schreiber het die stap verwelkom nadat die party Ramaphosa tot Vrydag gegee het om die veranderinge terug te trek.
Die party het ook by die openbare beskermer (OB) gekla oor die handboek wat nie deur die wetgewing gedek word nie.
Bronne: Eyewitness News, SABC, Politics Web
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Buckingham-paleis beplan glo om Camilla koningin te maak



