Volgens verskeie berigte beplan Buckingham-paleis om Camilla se titel aan te pas na koningin Camilla voor koning Charles se kroningseremonie volgende jaar.
Camilla se titel is tans koningin-gemaal soos aangekondig deur koningin Elizabeth II by haar platinum jubileumvieringe in Februarie vanjaar.
Volgens The Telegraph is daar planne om haar titel aan te pas na koningin Camilla, maar dit sal afhang van hoeveel ondersteuning sy van die publiek kry.
As sy genoeg ondersteuning kry, sal die koninklike assistente daaraan werk om haar titel formeel te laat aanpas, betyds vir die kroningseremonie.
Sy is nou ook een van die Staatsraadgewers, wat beteken dat sy die koning in sake kan verteenwoordig wanneer hy nie beskikbaar is nie. Camilla het ook ‘n positiewe reaksie gekry vir die hantering van die koningin se dood ná meer as 70 jaar op die troon.
Die kroningseremonie sal op 6 Mei 2023 by Westminster-abdy plaasvind.
Bronne: Mirror, Daily Mail, Weekly Blitz, The News
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Koningin-gemaal Camilla sal na verwagting kroon met Koh-i-Noor-diamant by kroning vermy



