Koningin-gemaal Camilla sal na verwagting kroon met Koh-i-Noor-diamant by kroning vermy

Deel hierdie storie / Share this story

Koningin-gemaal Camilla, of koningin Camilla, soos sy in die volksmond bekend is, sou glo koningin Elizabeth se kroon dra wanneer koning Charles III amptelik as koning gekroon word, maar die politieke sensitiweit rondom die Koh-i-Noor-diamant kan blykbaar daardie plan laat skipbreuk ly.

Die Koh-i-Noor-diamant van 105 karaat het ‘n bloedige, moeilike geskiedenis en sedert koningin Elizabeth se afsterwe het Indië, Pakistan sowel as Afghanistan aanspraak daarop gemaak dat dit oorspronklik deur hulle opgegrawe is en gevra dat die juweel na sy regte tuiste teruggaan.

Maharaja Duleep Singh, seun van Ranjit Singh, was ‘n jong kind toe hy die Punjab-troon in Indië geërf het. In 1849 het die Britte hom gevange geneem en hom ‘n dokument laat teken wat die Verdrag van Lahore gewysig het om die diamant aan koningin Victoria oor te gee.

Koning Charles III sal dus op 6 Mei 2023 gekroon word, maar dis nog onbekend of die Koh-i-Noor-diamant in die kroon, wat onder andere duisende diamante bevat, te sien sal wees. Die verwagting is dat ‘n “goedkoper opsie” gekies sal word.

Bronne: Meaww, Daily Mail

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Koning Charles wil ‘n ‘moderne kroningseremonie hê’