Skoolmeisie gevind na vermoedelik nog ‘n tienerselfdood

Deel hierdie storie / Share this story

‘n 14-jarige meisie van Retreat in die Wes-Kaap is Donderdagoggend om ongeveer 04:00 gevind nadat sy glo haar eie lewe geneem het.

Sers. Wesley Twigg sê sy is gevind waar sy in ‘n erf te Bernsteinstraat, Retreat gehang het.

Sy is na ‘n mediese fasiliteit geneem vir hulp, maar is met aankoms as dood gesertifiseer.

‘n Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak van haar dood vas te stel.

As jy of iemand wat jy ken selfdoodgedagtes het, skakel asb. die South African Depression & Anxiety Group (Sadag) by 0800 12 13 14 of die South African Suicide Crisis Helpline by 0800 21 22 23.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel