Laerskoolseun neem sy eie lewe glo ondanks berading by skool

Deel hierdie storie / Share this story

Senzo Nhlapo (12) in graad 7 by Laerskool Avanté in Randfontein, Gauteng, het Donderdag 6 Oktober 2022 sy eie lewe geneem.

Matome Chiloane LUR vir onderwys in Gauteng sê hy is hartseer oor die dood van die leerder, aangesien hy voor die Oktober-vakansie beradingsessies by die skool ontvang het omdat daar kommer oor sy welstand was.

Steve Mabona, woordvoerder vir onderwys in Gauteng, het bevestig dat die psigososiale eenheid saam met Vuka Ukhanye (NRO) en ander plaaslike ondersteuningstelsels werk om individue by te staan om hul gedagtes en bekommernisse te eksternaliseer.

“Ons wil ons innige simpatie aan die familie en skoolgemeenskap in die breë oordra vir hul verlies. As departement is ons verpletter deur hierdie voorval.”

Chiloane het ‘n beroep gedoen op leerders wat persoonlike probleme ondervind om gebruik te maak van ondersteuningstelsels wat by skole beskikbaar is. Hy sal vandag die familie tuis besoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel