Vierjarige ernstig beseer in ongeluk tussen polisievoertuig en sedan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vierjarige seun is ernstig beseer in ‘n ongeluk wat gisteroggend op die Phoenix-snelweg in die omgewing van Clayfield-deurweg tussen ‘n polisievoertuig en ‘n privaat voertuig plaasgevind het.

Lt.kol. Nqobile Gwala, provinsiale polisiewoordvoerder van KZN, sê ‘n saak vir roekeloos en nalatige bestuur word deur Phoenix polisiestasie ondersoek.

Om ongeveer 10:00 het Reaction Unit South Afria ‘n oproep om hulp ontvang van ‘n persoon wat verby ‘n ongeluk gery het.

Met aankoms op die toneel was verskeie ander nooddienste reeds teenwoordig.

Daar is bevestig dat vier insittendes van ‘n blou Honda Ballade ligte beserings opgedoen het, terwyl ‘n kind ernstig beseer is en die bestuurder wat ‘n polisievoertuig bestuur het ook mediese hulp nodig gehad het.

Beide die beseerdes is per ambulans na hospitale geneem.

Rusa sê omstandighede wat die ongeluk veroorsaak het, is nie dadelik bevestig nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel