Toename in Covid-19, hospitalisasie word verwag

Deel hierdie storie / Share this story

In die laaste paar weke is daar ‘n toename van die Covid-19-virus in afvalwater in dele van die Wes-Kaap, Limpopo en verskeie ander provinsies ontdek.

Die aantal mense wat positief getoets het vir die virus het ook gestyg.

Wits-entstofkundige, prof. Shabir Madhi, het gesê daar is ‘n toename in die oordrag van die virus in verskillende provinsies.

“Dit is ’n vroeë aanduiding dat ons kan voorsien dat daar ook ’n toename in die aantal hospitalisasies sal wees,” het Madhi gesê.

Bronne: eNCA, News365

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Toename in Covid-stam in afvalwater gevind