Mense wat ‘n risiko is om ernstige Covid-19 simptome te ontwikkel, word aangeraai om vir hulle eie beskerming weer maskers te dra en om groot binnenshuise byeenkomste te vermy.
Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad (SAMRC) kennis geneem het van ‘n styging in konsentrasies van die SARS-COV-2 RNA-virus in afvalwater in Kaapstad en dele van die Wes-Kaap, Gauteng, Vrystaat, Limpopo, Oos-Kaap en Noord-Wes.
Dit is egter nie ‘n rede tot kommer vir die algemene publiek nie. “Verhoogde spore van Covid-19 in afvalwater dui nie direk op ‘n toename in positiewe gevalle nie,” het NICD se senior epidemioloog, dr. Sibongile Walaza, gesê.
“As individue bekommerd is, dink ek dit is net goeie praktyk om groot byeenkomste te vermy en ook ‘n masker op te sit,” het Walaza gesê.
Bronne: Eyewitness News, Cape Talk
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: ‘Skaars’ gewas verwyder van Khloe Kardashian se gesig



