Verpleegster Lucy Letby van Manchester het glo drie keer probeer om ‘n baba te vermoor tot sy met die vierde probeerslag geslaag het.
Volgens Daily Mail het Letby in ‘n polisieonderhoud gesê sy het aan die ouers ‘n simpatiekaartjie gestuur na hulle baba se dood. Sy het aan die polisie gesê die kaartjie was “nie normaal nie”, maar dat dit die eerste keer was wat sy dit gedoen het.
Sy het na bewering “geglimlag” na die dogtertjie se dood en het volgehou dat sy met die ma wou praat oor hoe baie die baba haar eerste bad geniet het.
Die suster word ook daarvan beskuldig dat sy sewe ander prematuurbabas vermoor het en 10 ander probeer vermoor het.
Sy het Woensdag in die hof onskuldig gepleit op al 22 aanklagte teen haar.
Die 32-jarige word daarvan beskuldig dat sy twee stelle tweelinge probeer vermoor het deur hulle met insulien en lug in te spuit.
Die verhoor duur môre voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



