Oom skiet seun (12) dood op jagtog

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Twaalfjarige seun van Minnesota is dood na hy per ongeluk deur sy oom op ‘n jagtog geskiet is. Die koeël is reg agter sy linkeroor in en het sy rugmurg beskadig.

Daily Mail berig die voorval het Maandag omstreeks 08:15 plaasgevind toe Jeremy Her saam met sy 47-jarige oom in Moose Lake Township eekhorings gejag het.

Die Cass County Sheriff’s Department het die voorval in ‘n persverklaring bevestig.

Die twee was op openbare terrein in ‘n afgeleë area. Paramedici het die seun na ‘n hospitaal geneem waar hy oorlede is.

‘n GoFundMe-veldtog is deur die seun se sussie, Salina Her, begin.

Dis nog nie bekend of ‘n saak teen die oom gemaak sal word nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel