‘Die verligting is groot,’ sê ma na vermiste 18-jarige terugkeer huis toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die 18-jarige Karla Lategan wat Maandag in Bloemfontein opgespoor is na sy vermis is, is oukei, sê haar ma.

Christa Lategan, Karla se ma, was Maandag rasend van kommer na haar dogter slegs ‘n briefie in haar kamer gelos het om te sê dat sy vir ‘n rukkie na ‘n maat toe gaan.

Sy is as vermis aangemeld by die polisie en vriende en familie het na haar gesoek.

Christa sê Karla was Maandagmiddag op pad huis toe toe sy opgelaai is.

Sy sê sy het nog nie met Karla gepraat oor waar sy was nie en dat hulle nog nie seker is wat die omstandighede oor haar verdwyning is nie.

“Sy is oukei en veilig. Die verligting is groot.”