Die polisie in Duitsland het Vrydag aangekondig dat hulle ‘n man gearresteer het wat ‘n polisiehond gebyt het terwyl hy inhegtenisneming teëgestaan het.
Beamptes is kort ná middernag in die westelike dorpie Ginsheim-Gustavsburg ontbied vir ‘n dispuut tussen twee 29-jarige mans en ‘n 35-jarige vrou.
Die drie het op ‘n “uiters aggressiewe en onsamewerkende” wyse opgetree, het die polisie in ‘n verklaring gesê. Beamptes kon slegs een van die mans oorrompel deur “fisiese geweld” te gebruik.
“In die loop van die weerstand teen arrestasie het die 29-jarige man ook ‘n polisiehond gebyt,” lui die verklaring. Die hond het geen beserings opgedoen nie.
Intussen het die 35-jarige vrou ‘n polisiebeampte met ‘n vuishou in die gesig bygedam.
Al drie is inhegtenis geneem en het die res van die nag in die tronk deurgebring om nugter te word.
Bronne: Penn live, Toronto Sun
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



