Sewe gevaarlike verdagtes ontsnap uit tronk

Deel hierdie storie / Share this story

Die Oos-Kaapse polisie het ‘n grootskaalse soektog geloods na sewe verdagtes vanoggend uit die Makhanda-tronk ontsnap het.

Die polisie sê ‘n sekuriteitswag het vanoggend omstreeks 04:00 besef die sewe verdagtes het deur ‘n venster ontsnap.

Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek.

Provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Nomthetheleli Mene, het ‘n 72-uur plan geaktiveer na die voorval.

Die verdagtes is geïdentifiseer:

  1. Nhamo Muyambo
  2. Francis Chitho
  3. Trymore Chauke
  4. Lubuyo September
  5. Abraham Moyane
  6. Simba Masinge
  7. Bennet Kwarrile

Die polisie waarsku ook die publiek dat die gevangenes gevaarlik is en nie genader moet word nie.

Enigiemand met inligting kan die polisie by 082 301 9427 kontak.