Hier is ‘n lekker resep vir mosterdsous vir die Kerstafel, perfek vir koue vleis, slaaie of sommer enigiets waarvoor jy lus is.
Bestanddele:
1 blikkie kondensmelk
1 t mosterdpoeier
sout en peper na smaak
375 ml mayonnaise (klein botteltjie)
375 ml bruinasyn (spoel sommer die mayonnaisebottel daarmee uit)
Metode:
Meng alles goed saam en proe of jy nog van iets wil byvoeg.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



