Terwyl Kimberliete in ‘n ernstige waterkrisis gedompel is, word “vals” boodskappe rondgestuur dat inwoners vir ‘n halwe dag water sal hê.
Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê egter nou in ‘n verklaring dat die stemboodskappe heelteal misleidend is.
“Die Sol Plaatje-munisipaliteit is bewus van ‘n stemboodskap wat op WhatsApp rondgestuur word. Die munisipaliteit wil graag op rekord sê dat die inligting in die boodskap heeltemal vals en misleidend is. Die water sal nie vir ‘n halwe dag aangeskakel word nie; die munisipaliteit is nog besig om deur die krisis te probeer werk.”
Verder sê Riet dat inwoners op die uitkyk moet wees vir watertenks wat in die areas beskikbaar sal wees.
“Ons sê graag dankie vir inwoners se geduld en samewerking tydens die moeilike tyd.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



