‘n Egpaar, Cashief Ishmail (38) en Sameegah Ishmail (36), is Vrydagaand om ongeveer 20:00 in hul voertuig op die hoek van De Grendelweg en DF Malanstraat in Parow-Noord doodgeskiet.
Na bewering was hulle in hul wit VW Golf toe daar op hulle geskiet is.
AO Joseph Swartbooi sê lede van Parow-polisiestasie is na die toneel uitgeroep.
Met aankoms op die toneel is die liggame van twee onbekende persone in ‘n stilstaande voertuig gevind. Hulle het verskeie skietwonde aan hul liggame gehad. Beide is op die toneel dood verklaar.
Parow-polisie ondersoek twee sake van moord en een van poging tot moord.
Enigiemand wat inligting het oor die misdaad kan die ondersoekbeampte sers. Rashied van Rooy van die Teenbende-eenheid by 071 673 1425 kontak.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



