Norma Nel deel met ons ‘n lekker koue gestolde drielaag-slaai vir die feestyd saam met familie.
Bestanddele:
WORTELLAAG
80 g (1 pakkie) lemoengeur-jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml fyngerasperde wortels
PYNAPPELLAAG
80 g (1 pakkie) pynappelgeur-jelliepoeier
250 ml kookwater
410 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer
250 ml gerasperde cheddarkaas
250 g geroomde maaskaas
BEETLAAG
80 g (1 pakkie) kersiegeur-jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml gerasperde gaar beet
Metode:
WORTELLAAG: Los die jellie op in die kookwater, voeg die wortel by en laat stol dit in ʼn ringvorm.
PYNAPPELLAAG: Los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die pynappel, kaas en maaskaas by. Skep dit bo-op die gestolde wortellaag.
BEETLAAG: Los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die beet by. Skep dit op die gestolde pynappellaag. Laat dit oornag in die yskas staan om heeltemal te stol.
Keer die slaai op ʼn mooi bord uit en garneer dit met wortelrepies.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



