Elvis Blue: Eskom se hele mo*r

Deel hierdie storie / Share this story

Elvis Blue, oftewel Jan Hoogendyk, die bekende sanger en ook eienaar van Elvis Brew Co, het op Facebook ‘n tong-in-die-kies-plasing gemaak en ‘n foto gedeel van ‘n bord wat hy by Kleine Elvis Brew op Hartenbos opgerig het.

Hy vertel hulle is tans besig met die installasie van ‘n kragopwekker en dat hulle toe besluit het om sommer die bord op te sit.

“Ek weier om te stop, om niks meer goeds te glo.
Ek weier dat die donker, die lig in my uitdoof.
Ek weier om myself, in hierdie waansin te verloor.
Hoe meer jy my terughou, hoe verder sal ek loop

Eskom se hele moer!”