‘n Nuwe “trend” om glo dames te beroof, ontvoer of aan te val word wyd op sosiale media versprei om vrouens te waarsku om op die uitkyk hiervoor te wees.
Misdadigers merk glo die motors van vrouens wat alleen is deur ‘n kabelbinder om die handvatsel van die deur te sit. Die motor word dan gemerk en agtervolg sodra die vrouens wegry. Sommige vrouens het al gestop om dit af te haal, en is toe deur aanvallers oorval.
Vrouens word aangeraai om indien hulle dit sien, nie te stop om dit af te haal nie, maar na ‘n veilige omgewing waar mense is te ry en dit dan te verwyder.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



