‘n Man (32) is Saterdag in ‘n skietvoorval in die Canelands- informele nedersetting in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Met lede van Reaction Unit South Africa se aankoms op die toneel om ongeveer 19:00 was daar ‘n groot groep mense wat om ‘n man se liggaam saamgedrom het. Daar was baie bloed op die toneel.
Paramedici het die man ondersoek. Hy het geen tekens van lewe getoon nie. Hy is aan vyf skietwonde oorlede.
Volgens ‘n getuie het die oorledene kamers in die area uitverhuur. Hy het glo met ‘n man gestaan en praat toe daar ‘n rusie uitgebreek het. Die verdagte het die man geskiet, hom van sy besittings beroof en te voet gevlug.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



