Jannie Moolman verjaar – wens hom geluk!

Deel hierdie storie / Share this story

Jannie Moolman, gebore in Dundee KwaZulu-Natal, is ‘n sanger wat gewild is as tenoor wat opera sowel as Afrikaanse liedjies kan sing en hy verjaar vandag.

Hy was ‘n afrigter op Supersterre Seisoen 3 en in die program Kom ons Karaoke te sien.

Die begaafde sanger het ‘n BA-Kommunikasiekundegraad wat hy aan die Universiteit van die OVS behaal het.

Hy het saam met name soos Rina Hugo, Corlea Botha en Helene Bester gewerk en was deel van Ons Eie Drie Tenore. nadat sy operaloopbaan in 1990 die lig gesien het.

Sy operaloopbaan het in 1990 afgeskop en sy eerste solo-album het in 2003 verskyn.

Hy was tweede in die Marsala International Singing-kompetisie in Italië en derde in die Belvedere International Singing-kompetisie in Wenen.

Hy het in verskeie verhoogproduksies verskyn en spog met vier FNB Vita Life Award-toekennings.

Van sy liedjies sluit treffers soos Die Son Sal Weer Skyn, Alle Paaie Lei Na Rome en vele meer in.

FiND iT wens Jannie Moolman ‘n geseënde nuwe lewensjaar toe.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.