‘n Reuse- silinderakwarium AquaDom wat in die voorportaal van die Radisson Blu-hotel in Berlyn was, het Vrydgoggend 16 Desember om ongeveer 05:50 gebars en die hotel sowel as nabygeleë strate oorstroom. Die tenk het 1 500 visse van meer as 100 spesies in gehad en was 15.85 meter hoog.
Twee persone het beserings opgedoen toe die glas wat breek, in alle rigtings gespat het. Gaste moes verskuif word, nadat die slag ook die deure van die hotel in die slag laat bly het.
James Klein, ‘n woordvoerder van Berlyn se brandweer, het bevestig dat meer as 100 brandweerpersoneellede op die toneel gewerk het, maar dat die meeste van die visse dood is. Tussen 400 tot 500 visse is gered en in kleiner vistenks geplaas.
Die hotel het op sy webtuiste aangekondig dat die hotel vir gaste gesluit is tot verdere kennisgewing.
Bron: BBC News en Radisson Blu Hotel BerlynDie Aqua
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



