Kyarah Ruthanam (20) het op 10 Desember om ongeveer 12:00 in Kloofstraat, Mindalore, Krugersdorp vermis geraak nadat sy in ‘n Uber-voertuig geklim het.
Sy is as pasiënt met spesiale behoeftes gediagnoseer, wat sonder haar ouers se toestemming weggeneem is. Sy is na bewering onder verdagte omstandighede in die teenwoordigheid van ‘n manspersoon met die naam van Allan wat in Roodepoort bly.
Beide se selfone is afgeskakel en hul foto’s van alle sosialemediaplatforms verwyder.
Sy het ‘n grys hemp en swart broek aangehad toe sy die laaste keer gesien is.
Ruthanam is 1.4 m lank en weeg 44 kg.
Sy is by Krugersdorp-SAPD as vermis aangegee op VB nr. 1006/12/2022.
Ruthanam het swart hare en bruin oë.
Enigiemand wat weet waar sy haar bevind, kan met die volgende persone in kontak kom:
Krugersdorp-SAPD: 011 951 1111
Speurder Lelahane: 060 673 4264
Keith: 081 557 5021
Sharon: 081 405 5692
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



