Patrice Matthews se seun, Mikey, was 18 jaar oud toe hy sy eie lewe geneem het, net 13 weke nadat sy jonger boetie, PJ (17), ook aan selfdood oorlede is.
‘n Ma wat beide haar seuns aan die dood moes afstaan, vertel nou, byna ‘n jaar na haar seun se dood, sy het geweet sy verloor haar tweede seun ook toe sy by die graf van haar oudste in sy oë gekyk het.
Patrice Matthews vertel die dag wat sy haar jonger seun, PJ, begrawe het, het sy geweet sy is besig om Mikey ook te verloor.
Dis byna ‘n jaar nadat PJ homself op Oujaarsaand om die lewe gebring het.
Matthews sê aan Irish Mirror dat haar twee seuns 13 maande uitmeka ar gebore is en dat hulle “onskeibaar” was. “Ek onthou toe ek na Mikey gekyk het terwyl ons PJ begrawe het. Ek kon sien hoe platgeslaan hy was, en ek het net geweet dat daar niks is wat ek vir hom kon doen nie.”
PJ is op Oujaarsaand in 2021 oorlede. Matthews vertel hy was ‘n “karakter” op sy eie. “Hy sou jou tot op die afgrond druk en was altyd die eerste een om iets nuuts te probeer,” vertel sy aan LMFM.
Net 13 weke later het Mikey ook sy eie lewe geneem.
Matthews erken aan plaaslike media dat sy bekommerd is oor haar ander drie kinders, wat nou berading ontvang.
“Ons huis is nie meer dieselfde nie. Selfs die stilte is anders. Alles is anders.”
As jy of iemand na aan jou selfdoodgedagtes het, kontak die Suicide Helpline by 0800 567 567 of Suicide Crisis Helpline by 0800 12 13 14.



