


Steve Hofmeyr, wat geen bekendstelling nodig het nie, was nog altyd sinoniem met ondersteuning en liefde vir ál sy kinders, van wie hy nie een misken nie.
Op 3 Desember het Steve en sy vrou Janine ‘n samekoms met hul kinders gehad waarna Janine geskryf het: “Kyk, ek is darem baie geseënd! So lief vir julle elkeen, Devon Hofmeyr, Nikita Joubert, Michelle Pretorius, Armand Hofmeyr en ook Seb en Ben (en altyd ‘n leë plekkie vir Charissa).”
Neem in ag dat die kleine aspatat Romy-lee altyd iewers tussen haar broers is.
En wat sal jy gee vir so ‘n lekker tafel, gevul met samesyn en liefde in oorvloed?
Het jy al gewonder wie hulle almal is en hoe hulle deesdae lyk?
Charissa Albertyn Lee (34) is die oudste van Steve se kinders. Sy is reeds getroud en hy noem haar sy “verwegmeisiemens.” Sy is ‘n Engels-onderwyseres in Suid-Korea is. Haar ma se naam is Chantelle Albertyn. Steve het die liedjie Ek Ken Jou Soms in 2015 vir haar geskryf.
Armand Hofmeyr (33) is ook ‘n sanger in eie reg wat wanneer tyd dit toelaat graag saam met sy pa optree. Sy ma se naam is Ansie Moller.
Devon Hofmeyr (28) is meer bekend as jeugaktivis met die Bittereinders-jeugbeweging. Hy was vroeër jare ‘n kranige rugbyspeler en sy ma se naam is Noline Fourie.
Steve het in 1998 met Natasha Sutherland getrou en twee seuns is uit die huwelik gebore. Hulle ouers is na ongeveer 10 jaar uit mekaar.
Sebastian Hofmeyr het in die week 21 geword en Steve het gesels oor die chaotiese partytjie en hoe dit nie lekker is om te weet dat jou kinders jou nou nie meer so nodig het op daardie ouderdom nie. “Dit is nie lekker nie en nie die eerste keer wat ek dit moes doen nie.”
Benjamin Hofmeyr (19) is Steve se jongste seun wat op 7 Augustus verjaar het.
In Januarie 2014 trou Steve met Janine Hofmeyr, die liefde van sy lewe.
Romy-lee Hofmeyr (6) is in 2017 vir Steve en Janine gebore.
Nou kan almal vir Steve bewonder wat al sy kinders ewe liefhet en vir hulle almal tyd maak en sy verpligtinge as ‘n pa ernstig opneem.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



