
‘n Man (49) het vanoggend in ‘n ongeluk in Buffelsdraai, KwaZulu-Natal slegs geringe beserings opgedoen toe sy kop tussen ‘n boom en sy voertuig vasgesit het.
Reaction Unit South Africa sê ‘n oproep om hulp is om ongeveer 08:00 van ‘n vrou ontvang, wat haarself uit ‘n motorwrak kon bevry, teen ‘n wal uitgeklim het en die hulp van ‘n verbygaande motoris gevra het.
Rusa-paramedici is onmiddellik na die toneel, waar hulle met aankoms ‘n rooi Hyundai i10 ongeveer 30 meter laer as die padoppervlak gevind het.
Die bestuurder se kop het tussen ‘n boom en die deur van die voertuig vasgesit. Hy was by sy bewussyn.
Met behulp van insleepdienste kon die voertuig versigtig verskuif word sodat mediese beamptes in die voertuig kon klim om die man te bevry.
Beide die man en vrou het slegs geringe beserings opgedoen.
Na bewering het die bestuurder nie ‘n skerp draai in die pad gesien nie, waarna hy beheer verloor, met die voertuig teen ‘n wal af is en dit teen ‘n boom gebots het.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



