Vyf dood, vyf kritiek na gru-botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Kop-aan-kop-botsing tussen ‘n bakkie en ‘n bus het Vrydag die lewens van vyf mense geëis en nog vyf persone in ‘n kritieke toestand in die hospitaal laat beland.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag.

Vrydagmiddag omstreeks 13:45 het ‘n bus wat na Zimbabwe op pad was en ‘n bakkie wat van Bloemfontein na Ventersburg onderweg was, reg van voor teen mekaar op die N1 gebots.

‘n Man en ‘n vrou wat in die bakkie was, is op die toneel dood verklaar. Drie ander mense wat in die bus was, is ook dood.

Vyf passasiers in die bus is met kritieke beserings in die hospitaal opgeneem.

Die polisie ondersoek die saak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel