‘n Man het Vrydag ten spyte van nooddienste se reddingspogings op die Casuarinastrand in Tongaat verdrink.
IPSS Medical Rescue en ander nooddienste was Vrydag 15 Desember op die toneel waar ‘n verdrinking plaasgevind het.
Volgens IPSS dui verslae daarop dat die volwasse man begin sukkel het toe hy geswem het. ‘n Ander strandganger het die man uit die water gehelp en KPR is deur die lewensredders toegepas.
IPSS-nooddienste het ook KPR op die man toegepas in ‘n poging om hom te red, maar die man is later dood verklaar.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



