Twee pitbull terriërs genaamd, Zeus en Zena van Middelburg, Mpumalanga, het Donderdagoggend ongeveer 02:00 vermeende huisrowers laat spaander.
Pieter Blignaut sê aan FiND iT dat die gesin wakker geskrik het van ‘n geluid in die huis en die volgende oomblik het die alarm afgegaan.
Hulle twee pitbull hondekinders slaap by hulle in die kamer.
“Hulle het begin blaf, verby ons gehardloop en die booswigte wat in ons huis was verjaag.”
Die honde het die verdagtes met spoed uit die huis verjaag tot waar hulle uit die erf gevlug het.
Blignaut sê hy het eers na die tyd gesien dat daar by die huis ingebreek en en dat hul skuifdeur oop staan.
“Hulle sou alles doen om ons as familie te beskerm. Dit is vir ons so verskriklik hartseer dat die pragtige dierekinders van ons in so ‘n slegte lig gestel word.”
“Hulle is kinders in ons huis en sal in die onbekende in hardloop om seker te maak ons is veilig.”
Blignaut sê dat sy hondekinders, alhoewel hulle agterna bedaar, het, nie vir ‘n oomblik weggegaan het van hulle af nie.
“Hulle kon aanvoel dat daar sopas gevaar was en nog steeds styf langs ons kom sit en luister vir enige gevaar wat daar nog mag wees.”
“Hierdie breed is die beste companions wat jy kan kry. Hulle is liefdevol, laf en ons lewe.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



