Man by kroeg gesteek oor hy glo met alkohol wou huis toe

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man is Woensdagaand buite ‘n kroeg in Toddstraat in Verulam, KwaZulu-Natal, gesteek toe die sekuriteitswag na bewering nie wou hê dat hy met alkohol huis toe gaan nie.

Reaction Unit South Africa (Rusa) sê die 24-jarige man het omstreeks 22:00 Woensdagaand by Rusa-kantore aangekom en mediese hulp gevra. Hy is daar vir ‘n steekwond aan sy rug behandel.

Hy het Rusa-lede ingelig dat hy in ‘n kroeg gekuier het en dat hy op pad uit deur ‘n sekuriteitswag voorgekeer is omdat hy met alkohol wou loop.

Die twee het in ‘n argument betrokke geraak en hy is gesteek.

Rusa-lede kon nie die gebeure bevestig nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel