‘Beurtwater’ vir Kimberliete

Deel hierdie storie / Share this story

Die Sol Plaatje-munisipaliteit het Donderdagaand gesê dat hy watersuiweringsprobleme in Riverton ervaar.

Thoko Riet, woordvoerder vir die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê een van die kleppe het ‘n fout gehad, wat pompe en motors laat oorspoel het.

Riet sê beurtwater word geïmplementeer om seker te maak dat water by reservoirs nie opraak nie.

“Ons sal die publiek ingelig hou van vordering wat in die saak gemaak word. Inwoners sal nou lae waterdruk ervaar. Ons vra om verskoning vir die ongerief.”

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel