‘n Bejaarde vrou (86), van Maduraistraat, Northdale, is gister beseer nadat sy oorval en met ‘n skerp voorwerp gesteek is.
Mi7 sê die vrou het na bewering vir verdagtes toegang tot haar erf gegee vir werk omdat hulle hul as grassnyers voorgedoen het.
Hulle het haar daarna glo oorval en in die huis in forseer.
Gedurende die insident is sy agt keer in haar arms en bene gesteek en het baie bloed verloor.
Mi7-paramedici het haar op die toneel gestabliliseer en daarna na ‘n hospitaal geneem vir verdere mediese hulp.
Die verdagtes het met gesteelde items van die huis gevlug.
Mi7 se gewapende reaksie-eenheid het ‘n soektog na die verdagtes geloods.
“As management, we wish the woman a full recovery. We also caution other residents from employing the services of passers-by or strangers for household work.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



