Vrou beroof toe sy sonder brandstof gaan staan

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou is gistermiddag op die N2, rigting noord, in die omgewing van die Tongaat-tolhek deur ‘n gewapende rower beroof nadat sy sonder brandstof gaan staan het.

Reaction Unit South Africa het om ongeveer 15:00 op ‘n noodoproep van die slagoffer gereageer.

Met aankoms op die toneel was die polisie ook reeds besig om die vrou by te staan.

Sy het met haar voertuig, ‘n swart BMW SUV, in die noodbaan stilgehou nadat dit sonder brandstof gaan staan het.

‘n Man het haar genader, ‘n vuurwapen uitgepluk, haar van haar handsak beroof en daarna te voet gevlug.

Geen beserings is aangemeld nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.