Ma (17) wat tydens keisersnee sterf, kon gered word, sê hof

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Tienerma, Teegan Barnard (17), wat aan ‘n hartaanval dood is tydens ‘n keisersnee, kon gered word sou dokters spesifieke simptome vir behandeling raakgesien het, het owerhede besluit.

Die 17-jarige Barnard is by die St Richards-hospitaal dood tydens die geboorte van haar gesonde babaseuntjie Parker.

Die ma was “vir 20 minute van suurstof ontneem”, wat gelei het tot die hartaanval en “onherstelbare breinskade” wat sy opgedoen het.

Dokters wat Barnard by die hospitaal behandel het, kon volgens dr. Karen Henderson haar dood voorkom indien hulle vroeër opgetree het.

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel