Norma Nel deel met ons ‘n lekker vinnige Sondagpoeding.
Bestanddele:
1 k koekmeel
1 k suiker
1 k melk
3 e botter
1 t koeksoda
2 e goue stroop
1 t vanieljegeursel
1 groot eier
knippie sout
Metode:
Meng al die droë bestanddele saam. Smelt botter en meng nat bestanddele saam. Meng goed en gooi in bak met deksel en bak op 180C vir 45 minute.
Gooi dan blikkie idealmelk bo-oor en geniet.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



