Amelia Goosen (3) van Pretoria was volgens haar ouers Johan en Rianda Goosen baie opgewonde om met haar derde verjaarsdag wat baie onlangs was, haar geskenk te kon oop maak.
“Hierdie was die eerste jaar wat sy werklik verstaan het dat sy verjaar en ons het hard gewerk om voor te berei vir haar pienk “Three Rex” partytjie.”
Die liefdevolle kleuter is mal oor dinosaurusse en op haar ouderdom kan sy reeds tussen ‘n klomp soorte onderskei.
“Sy verstaan die konsep dat ‘n familie veronderstel is om ‘n pappa, mamma en baba te hê en is altyd vreeslik opgewonde wanneer daar ‘n baba is, of dit nou by diere is of op haar gunsteling televisieprogramme of selfs tussen mense is.”
Haar ouers het die oulike reaksie op haar geskenk afgeneem en met FiND iT gedeel.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



