‘n Nieu-Seelandse man se 1993-model Toyota Corolla het onlangs die twee miljoen kilometer mylpaal gehaal.
Graeme Hebley, ‘n 72-jarige man van Nieu-Seeland het onlangs ‘n unieke mylpaal gehaal toe sy 1993-model Toyota Corolla meer as twee miljoen kilometer afgelê het.
Die motor se enjin is nog perfek en Hebley glo die voertuig sal “vir ewig” op die pad kan bly.
Die Nieu-Seelandse man werk al vanaf 1968 as ‘n kontrakteer vir koerantafleweraars waar hy weekliks omtrent 5000 kilometer aflê.
The Daily Mail berig dat Hebley in Maart vanjaar opgetel het dat sy kar meer a twee miljoen kilometer afgelê het.
Hebley het die 1993 Toyota Corolla in 2000 gekoop toe daar slegs 80,000 kilometer op die klok was.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



