Een persoon is dood en ‘n ander na die hospitaal gehaas nadat ‘n bakkie Dinsdag met ‘n bus in Molotostraat in Pretoria gebots het.
Advanced Paramedic Assist is omstreeks 09:42 na die toneel ontbied. Die bestuurder van die bakkie is op die toneel dood verklaar en die passassier moes uit die bakkie gehaal word.
Die passassier is op die toneel behandel voordat hy na ‘n hospitaal geneem is.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



