Pasiënte moes onlangs vanaf die MediClinic Paarl na ander hospitale oorgeplaas word nadat swaar reënweer in die Paarl groot skade aan die hospitaal se waakeenheid aangerig het.
Jacorie Visser, van MediClinic Paarl, het aan FiND iT bevestig ‘n klein groepie pasiënte moes na ander afdelings in die hospitaal geskuif word en nog drie moes na ander hospitale oorgeplaas word om te verseker dat hulle die beste moontlike sorg ontvang.
Visser sê herstelwerk aan die waakeenheid vorder baie goed en dat die eenheid teen 15 Desember weer ten volle sal kan funksioneer.
“Ons bedank die verpleegspanne, nood- en ander ondersteuningsdienste vir hulle ondersteuning gedurende die tyd.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



