Ma sterf 19 maande na dokters haar 3 weke gee om te leef

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Ma van Australië is op die ouderdom van 39 dood na ‘n lang stryd teen kanker, 19 maande nadat dokters gesê het sy sal net drie weke lewe.

Karyn Love, van Brisbane, is in Mei 2021 na die hospitaal gejaag om op 29 weke swanger aan haar babadogtertjie geboorte te gee. Die verskriklike rugpyn wat sy tydens die geboorte ervaar het, het dokters later vasgestel was weens kanker.

Die kanker het toe reeds ten tye van haar diagnose na haar bene, lewe en oë versprei en dokters het haar maar drie weke gegee om te leef.

Sy het, ten spyte van die dokters se voorspelling, nog ‘n verdere 19 maande saam met haar pasgebore babadogtertjie gehad voordat sy Maandag oorlede is.

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel