‘n Voetganger is dood en sy been afgeruk in ‘n ongeluk vroeër vandag op die M25, Phoenix, KwaZulu-Natal.
Reaction Unit South Africa is deur verskeie motoriste gekontak wat ‘n been op die pad tussen KwaMahashu en Avoca Hills opgemerk het.
Beamptes wat op die toneel reageer het, het net na 11:00 daar aangekom en die been aan die kant van die pad gesien. Die liggaam van ‘n ongeïdentifiseerde man is verder weg gevind. ‘n Ford Ranger-bakkie het meters daarvandaan gestaan.
Verskeie owerhede was teenwoordig op die toneel.
Die bestuurder van die bakkie het gesê die oorledene het skielik voor verkeer in beweeg en hy is gestamp. Die drie insittendes in die bakkie, onder andere ‘n driejarige, het geen beserings opgedoen nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



