Kyk: De Doorns in die Hexriviervallei oorstroom – video’s en foto’s

Deel hierdie storie / Share this story
Fotokrediet Ismail’s Towing

Die Boland het gister ‘n hewige reënstorm beleef waartydens oorstromings aan die orde van die dag was.

Video’s, foto’s en inligting is op die Boland Dorpe Facebook-blad gedeel.

Video’s wys hoe sake-eienaars en prominente gemeenskapslede op De Doorns in die Hexriviervallei deur die oorstromings wat deur die storm veroorsaak is, geraak is.

Volgens inligting deur Kevi van Wyk het ‘n trein ontspoor by Kanetvlei weens spore wat weggespoel het, maar niemand is beseer nie.

In van die materiaal kan gesien word hoe ‘n vrou uit ‘n motor gered word, ‘n druiweplaas verspoel, kan gehoor word hoe ontstellend die skade is en ‘n bakkie wat vasgeval het, wag op hulp.

Deel ook jou foto’s en video’s en kontak FiND iT indien jy wil hê jou storie moet vertel word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.