‘n Familie wat uit ‘n pa, ma en seun (7) bestaan, was gister om ongeveer 22:00 in ‘n motorongeluk met nog ‘n voertuig betrokke as gevolg van ‘n protesaksie op die N2-snelweg, Durban, KwaZulu-Natal.
ALS Paramedics Medical Services het by die toneel opgedaag. Die pad het besaai gelê het met gemors en brandende bande. Na bewering het twee voertuie gebots toe hulle die gemors en brandende bande probeer vermy het.
Die familie wat beseer is, is met behulp van Roadstar Towing verskuif na ‘n veiliger area en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.
Die polisie en metropolisie was op die toneel teenwoordig.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



