Vermeende kaper doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vermeende kaper is dood nadat hy en sy makkers glo na bewering Sondag op die hoek van Highlandsweg en Eislebenpad in Mitchells Plein probeer het om ‘n motoris van sy voertuig te kaap.

Die bestuurder van die voertuig was binne-in ‘n besige interseksie toe hy deur vier vermeende kapers omring is. Hy het glo skote afgevuur en een vermeende kaper getref terwyl die ander te voet gevlug het.

Die wapen wat deur die vermeende verdagte gebruik is, is blykbaar ‘n speelding.

Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die Lentegeur-polisie op die toneel was. Met die beamptes se aankoms op die toneel het hulle die onbekende man met ‘n skietwond gevind. Hy is op die toneel dood verklaar.

“Volgens verslae is die bestuurder van die voertuig deur vier gewapende mans genader en uit sy voertuig forseer.”

Volgens Swartbooi blyk die motief vir die aanval roof te wees.

Die Lentegeur-polisie ondersoek ‘n saak van roof met ‘n vuurwapen en ‘n moordsaak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.