Patricia Timotheus (73) van Athlone het na bewering Donderdag verlede week haar man Vernon (72) met ‘n mes doodgesteek.
Sy was glo besig om kos te maak toe hulle aan’t stry gaan en sy hom met ‘n mes in die bors gesteek het, waarna hy dood is. Die ouma het haar naweek in die aanhoudingselle deurgebring.
Eric Ntabaxalila, woordvoerder vir die NVG in die Wes-Kaap, sê Timotheus het Maandag in die Athlone-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord en is op borg van R1 000 vrygelaat sonder enige borgvoorwaardes.
Timotheus word deur regshulp verteenwoordig.
Die saak is tot 4 April 2023 uitgestel.
Lees ook:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



