Nooddienste het Maandagoggend vroeg tot ‘n drawwer wat in die Hennopsrivier beland het, se redding gekom.
Emer-G-Med sê paramedici en ander nooddienste is Dinsdagoggend om 07:00 na die rivier ontbied ná ‘n drawwer in die Centurion-area vermis geraak het.
Volgens Emer-G-Med dui verslae van die toneel daarop dat die drawwer in die rivier rondgespartel het om aan die lewe te bly. Nooddienste het vinnig opgetree en hom uit die rivier gered.
Hy is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hy na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.
Omstandighede is nog nie bekend nie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



