Twee sekuriteitswagte by vullisstasie in Mosselbaai doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

Twee sekuriteitswagte is vanoggend dood by die Louis Trichardt-vullisoordragstasie in Mosselbaai aangetref.

Die Mosselbaai-munisipaliteit het in ‘n verklaring bevestig die liggame van die twee wagte is omstreeks 07:00 Maandagoggend gevind. Beide is aan skietwonde dood.

Die polisie en owerhede is op die toneel wat vir ondersoek afgesper is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel